Die doel van die projek is reeds in 1985 daar gestel deur die stigterslede in samewerking met die Hay Boereunie. Dit is om funksioneel doeltreffende ramme wat op die veld grootgeword het en aangepas is en op ‘n wetenskaplike wyse geselekteer is aan produsente beskikbaar te stel.
Die eerste voorsitter was Fanie du Toit (1986-1987). Daarna was Robbie Meintjes vir jare die touleier (1987-2008).
Robbie het eenmaal gesê: Ek is bevrees dat in die soeke na beter presteerders daar deur boere kruisteling toegepas word en hulle in die begin net die effek van basterkrag raaksien en dan maar weer in ‘n slaggat van mooier diere sonder beter prestasie val.
Tweedens het kopers moeg geword om ramme te koop wat oorvet is, hul loopvermoë verloor het en ‘n swak libido het.
Die eerste veiling was in 1986 gehou. Drie rasse naamlik Dorpers, Boerbokke en Persies was toe aangebied. Deelnemende rasse het deur die jare gewissel soos wat telers en kopers se belangstelling verander het. Die rasse wat tot dusver deelgeneem het sluit onder andere in Dorpers, Boerbokke, van Rooys, Persies, Vandors, Damaras en Meatmasters.
Tans hanteer ons vyf rasse nl. Dorpers, Witdorpers, Van Rooys, Boerbokke en Savannas gelyktydig. Dit is beslis nie ons doel om die rasse met mekaar te vergelyk nie aangesien daar ‘n liefde en plek vir elk van die genoemde rasse is.
Resultate wys egter dat die verskille binne elke ras groter is as die verskille tussen rasse.
Vir die eerste 24 jaar van die projek se bestaan is ramme anoniem verkoop. Slegs nadat die bod toegeslaan is is die verkoper se naam bekend gemaak. Die rede was dat daar na die ram se prestasie gekyk moes word en nie na die teler agter die ram nie. Daar is egter weggedoen met die anonimiteit omdat ons meer gegewens wou bekend maak soos byvoorbeeld Blub teelwaardes.
Die L.N.R, in besonder Dr. Buks Olivier, was vanaf die begin ons meeloper. Alle data is deur hulle verwerk. Dit tesame met ‘n bestuur wat die projek met ‘n ysterhand regeer het bygedra tot die geloofwaardigheid van ons data. Tans word alle data deur SA Stamboek verwerk. Hulle is ook verantwoordelik vir die opstel van die katalogus.
ln 2008 het Robbie Meintjes die voorsitterskap , na 21, iaar, aan Louis van Rensburg
oorgegee.
Sedert 2013 hou dieselfde groep telers n soortgelyke veiling op Kenhardt. Om meer eenvormigheid aangaande toelatings vereistes en katalogus inligting te verkry is die Kenhardt veiling sedert 2016 ook onder die bestuur van die Noordkaap veldram projek.
ln 2018 neem Jaco van Rensburg by sy pa oor as voorsitter. Louis wat n stigterslid van die
projek is, is vanaf die eerste dag op die bestuur en het vir 1.1jaar as voorsitter gedien.
Vanaf 2017 verskaf SA Stamboek vir ons n enkele syfer wat n dier se teelwaardes opsom. Die LogixMeriete Indeks (LMI) het as n groot hulpmiddel gekom met die uitsoek van ramme.
Omdat die vraag na produksie gemete diere steeds toeneem is n soortgelyke veiling wat vir
baie jare in Prieska gehou word ook vanaf 2024 onder NKVp bestuur.
Namakwa Dreyer en Louis van Rensburg